Loslit-gedig vir Ma
Mammie net vir jou
Mammie, wanneer ek na Ma kyk
sien ek net liefde in Ma se oë,
en hoop vir al Ma se kinders
dat dit altyd met hulle sal goed gaan.
Ons sê dit nie altyd nie, maar ons is so dankbaar
dat Ma in ons lewe is,
dat Ma altyd ons belange bo Ma s’n dra,
niks is ooit te veel gevra.
Ma staan altyd reg om te help
met liefde en raad,
ons waardeer alles wat Ma vir ons doen,
elke moed inpraat, elke daad.
Ons weet Ma het baie kere swaargekry
om ons by te staan,
ons weet Ma se hart het soms gebreek,
maar Ma het dit nooit gewys nie .
Mammie, jy is die sterkste vrou
wat ek ken,
Mammie is omtrent ’n super woman met super kragte,
en na ’n gesprek met Ma voel alles altyd beter.
Dankie vir wie en wat Ma is.
Ons sê dit nie altyd nie,
maar ons waardeer alles wat Ma vir ons doen.
Ons is en sal altyd lief wees
vir die beste ma wat ons ken.
Description: ©️Rachel Minnaar